WAT IS GSOK?

GSOK, die Gimmie-sport Ondersteunersklub, is in 2019 deur Gimmie-ouers gestig met een gemeenskaplike doel: om saam aan die toekoms van Gimmie-sport te bou. Deur ondersteuning van ons ouers, besighede, ouleerders en die breër Gimmie-gemeensksap help GSOK om sportinfrastruktuur en -fasiliteite te verbeter, waardevolle geleenthede te skep en Gimmie-sport verder uit te bou. Ons glo dat elke bydrae 'n verskil kan maak en dat ons, wanneer ons saamstaan, vir elke Gimmie-leerder die geleentheid kan help skep om sy of haar sporttalent ten volle te ontwikkel.
Sluit aan

VISSIE

Om saam met Gimmies 'n sportomgewing te help skep waar elke leerder die geleentheid kry om sy of haar volle potensiaal en talent te ontdek, te ontwikkel en met trots uit te leef. Ons streef daarna om Gimmie-sport voortdurend na nuwe hoogtes te help neem en 'n sterk grondslag te lê waarop toekomstige geslagte kan voortbou.
Sluit aan

MISSIE

GSOK se missie is om saam met ons ouers, besighede en die Gimmie-gemeenskap ’n sportomgewing te help skep waarin elke leerder die geleentheid kry om sy of haar talent te ontwikkel en volle potensiaal te bereik. Deur in sportfasiliteite, infrastruktuur en geleenthede te belê, bou ons nie net aan vandag se Gimmie-sport nie, maar lê ons ’n sterk grondslag vir die g eslagte wat volg. Ons bou aan geleenthede, potensiaal en ’n nalatenskap vir die Gimmies van môre
Sluit aan

INFRASTRUKTUUR

GSOK belê voortdurend in die ontwikkeling, verbetering en instandhouding van Gimmies se sportfasiliteite, infrastruktuur en toerusting. Van ons bydraes en projekte sluit die volgende in:
Sluit aan

BEMARKING

GSOK werk doelgerig daaraan om Gimmie-sport se sigbaarheid te vergroot, die Gimmie-gemeenskap te versterk en waardevolle blootstelling vir ons sportsoorte, atlete en besighede te skep.
Sluit aan
  • Meer as R1 miljoen tot verskeie Gimmie-sportsoorte bygedra.
  • Die GimGym ontwikkel en nuwe apparaat en toerusting aangekoop.
  • Bygedra tot die opgradering en instandhouding van sportvelde.
  • Die oordoen van drie tennisbane ondersteun.
  • Saam met ’n borg fondse vir spreiligte by die krieketnette voorsien.
  • Die aanloop by die krieketgrasnette laat oordoen.
  • ’n Nuwe tartanoppervlak vir spiesgooi en gewigstoot aangebring.
  • 10 nuwe bankies vir die tennisbane aangekoop.
  • Die swembad se wegspringblokke vervang.
  • Nuwe aflosstokkies vir atletiek aangekoop.
  • Beskermingstoerusting vir muurbal aangekoop.
  • Meer as 30 gazebo’s vir sportgeleenthede aangekoop.
  • ’n GSOK-geleentheidsboog aangekoop.
  • Tot die aankoop van Gimmies se groot geleentheidstent bygedra.
  • ’n Telbord by Mooivallei aangebring.
  • Naamborde by twee rugbyvelde aangebring.
  • Verf aan die skool voorsien vir die opknapping van sportinfrastruktuur.
  • Insette gelewer tot die opgradering en standaardisering van die erkenningsfunksie vir eerste sportspanne.

BEMARKING

GSOK werk doelgerig daaraan om Gimmie-sport se sigbaarheid te vergroot, die Gimmie-gemeenskap te versterk en waardevolle blootstelling vir ons sportsoorte, atlete en besighede te skep.
Sluit aan
  • GSOK se ledetal binne een jaar verdubbel.
  • ’n Toegewyde bemarker aangestel om GSOK se bemarking en kommunikasie verder uit te bou.
  • ’n Nuwe GSOK-webtuiste by gsok.co.za gevestig.
  • 14 sportvideo’s vervaardig – een vir elke sportsoort – om Gimmie-sport en die afrigters daaragter bekend te stel.
  • ’n 3D-video van die Gimmie-koshuise ontwikkel.
  • GSOK-sportadvertensieborde by die nuwe parkeergebied aangebring.
  • GSOK-gebottelde water as deel van die handelsmerk se sigbaarheid bekend gestel.
  • 1 000 GSOK-vlaggies vir groot sport- en bemarkingsgeleenthede aangekoop.
  • Saam met Gimmies die belangrike mylpaal van meer as 1 000 ingeskrewe leerders bereik.
  • Aansporings aan Gimmie-atlete wat op internasionale vlak deelneem beskikbaar gestel.
  • Geleenthede geskep vir besighede om Gimmie-sportspanne te borg.
  • GSOK-besighede deur sosiale media en ander kommunikasiekanale bemark en ondersteun.
  • Uittrekbaniere vir verskillende sportsoorte ontwikkel.
  • GSOK-sigbaarheid uitgebrei met advertensies op meer as 30 asblikke regoor die skoolterrein.

BESTUURSLEDE

Voorsitter: Xavier Palmer Ondervoorsitter: Soekie Coertzen Administrateur: Almadé de Beer Bemarker en werwer: Wilandi Wiggett Finansies: Paul Delicado Sportskakeling: Gerhard Strydom en Herculene Kotze Besigheidskakeling: Pierre de Beer
Sluit aan